Interviews

Een van die beste amateurs wat die afgelope jare vir die Boland gespeel het, is die Vrystaat-boorling Bianca Wernich. Nadat sy met groot sukses as amateur gespeel het, het Bianca besluit om haar PGA-sertifikaat te verwerf en sy doen dit by die Stellenbosch-klub. Sy is ook knap met die aanbied van die prysuitdeling-aankondigings by die klub. Hierso volg my onderhoud met haar.
Die Carinus-familie het baie noue bande met die Stellenbosch Golf klub.

Een van Stellenbosch se groot wynboere en ’n man wat die Stellenbosch-kiesafdeling lank in die destydse Provinsiale Raad verteenwoordig het, Piet Carinus, was vir jare ’n lid van die Golf Klub. Sy twee seuns, Johan en Pietie, kom ook al lank saam met die Stellenbosch Golf Klub.

In vandeesweek se rubriek gesels ek met Johan wat in die wynwêreld asook sportwêreld naam gemaak het.
To be called a good golf mate is a compliment to all golfers. And this is exactly how Tony Gordon’s regular playing partners describe him: “A good golf mate – always nice playing with him.”

Tony is a trained entomologist and has paid close attentio through the years n to the general “welfare” of the trees on the course – donating many species of young trees to the club. In this interview he shares a couple of interesting facts about the trees.
Basil Bergstedt is baie lief vir gholf en die Stellenbosch-gholfklub. In my onderhoud met hierdie 79-jarige boorling van Stellenbosch kon ek duidelik sien sy geesdrif vir die spel gholf – dit het behoorlik uitgestraal by hom gedurende ons gesprek.

Basil is waarskynlik die oudste lewende oud-caddie van Stellenbosch-gholfklub en as kind het hy ook op die ou baan (in die middedorp gespeel).
oos baie pa’s het Daan Hoogenhout vir sy jong seun Niel aan gholf bekend gestel. Eers het Niel sy pa se gholfkarretjie getrek en later as 13-jarige Paul Roos-skolier het Niel begin om gholf te speel – hy was waarskynlik ook die eerste skolier wat in ‘n klubkompetisie op ‘n Saterdag gespeel het!

Niel, wat ook op die gholfklub se komitee gedien het en ook vir ‘n termyn klubkaptein was, het ‘n hele klomp interessante dinge ervaar in gholf – insluitende ‘n paar hoogtepunte op die beroemde ou St Andrews-baan.

Hierso volg my volledige onderhoud met hom.
Liesbet Rall is een van die vrouelede wat gereeld saam met haar man Philip in kompetisies speel. Liesbet kom uit ‘n bekende gholf-gesin want haar pa was vir baie jare ‘n staatmaker by die klub en het ook gedien as klubkaptein van Stellenbosch. Hierso volg my volledige onderhoud met haar.
Jeff Wedgwood is reeds vir 60 jaar lank lid van die Stellenbosch-gholfklub en hy het deur die jare met sy eie oë groot veranderinge by die Gholfklub gesien.

Hierdie oud-krieketspeler van die Boland speel nog elke Saterdag in ‘n gereelde vierbal en geniet sy gholf nog baie.


Hierso volg my onderhoud met hom.
Op 88-jarige ouderdom Theo van Robbroeck nog steeds baie aktief op die gholfbaan en hy was onlangs onder die wenners tydens ‘n klubkompetisie. Van Robbroeck het ‘n baie interessante werkloopbaan gehad, maar beskou die dag wat hy gholf “ontdek“ het as een van sy grootste hoogtepunte.

Hierso volg my volledige onderhoud met hierdie energieke 88-jarige lid:
Met die Wêreldbeker-toernooi nog pas in ons geheue, gaan ek in my volgende rubriek of wat die fokus plaas op oud-Springbokke wat ook lid is van die Stellenbosch-gholfklub.

Jackie Snyman het vir die Springbokke in 3 toetse gespeel in 1974 teen die sterk span van die Britse Leeus. Snyman het in hierdie toetsreeks 18 punte behaal met 6 strafdoele.

Snyman wat senter en losskakel gespeel het, is die ouer broer van die Springbok-losskakel en voormalige afrigter van die WP-rugbyspan, Dawie Snyman.

Hierso is my onderhoud met hom
There is always lots of fun and banter around when Arne Cederval is part of a golfing group. Arne has seen and experience a lot of the golfing world. He was Jean Hugo's caddie in 1999 in Europe and was the producer of a famous video about Jean's exploits in Europe. Arne has also served for many years as a panelist on Golf Digest Top 100 Courses of South Africa. Herewith my interview with him
Op die plaas Simonsig word al vir dekades van Suid-Afrika se beste wyne gemaak en Frans Malan was ‘n ware pionier in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Later het sy seuns by hom oorgeneem op Simonsig.

Een van die seuns, Francois, is sedert 1985 ‘n lid van die Stellenbosch Gholf Klub en sy geesdrif vir die spel neem net elke jaar toe. Hierso volg my onderhoud met hom
Pat Pretorius describes herself as “a golf fanatic.”

She has been a full member of the Stellenbosch since 1985 and has made many friends at the club through the years. Herewith my interview with Pat.
Die Stellenbosse klublid Coenie Snyman het die afgelope jare naam gemaak as een van die top-wynmakers in die Stellenbosch-area.

Snyman is sedert 2006 Rust-en-Vrede se wynmaker en is in 2009 as die Diners Club se Wynmaker van die Jaar aangewys vir die Rust en Vrede Cabernet Sauvignon 2007 wat hy gemaak het.

Lees verder in hierdie onderhoud wat gholf vir Coenie beteken asook van watter wyne by die klub hy van hou.

VRAAG: Het jy op skool gholf gespeel en aan watter sportsoorte het jy deelgeneem?

SNYMAN: Nee, wel bietjie krieket en rugby op Paul Roos gespeel.
Kliek op die skakel om Riaan se onderhoud met Pietie Carinus te lees.
Kliek op die skakel om Riaan se onderhoud met Robbie Oosthuizen te lees
Die voormalige klubkaptein van die Stellenbosch-klub, Jan du Preez, is nie net ‘n ware gholf-geesdriftige nie, maar hy is ook iemand wat besliste menings het oor die baan en hoe die spel-ervaring verhoog kan word.
Kliek op die skakel om Riaan se onderhoud met Piet Theron te lees
Kliek op die skakel om Riaan se onderhoud met Willem Malherbe te lees
Kliek op die skakel om Riaan se onlangse onderhoud met Dawie te lees.
‘n Uitsonderlike sportvrou en ‘n gemeenskapsmens. Dit is twee van die uitstaande eienskappe van Lauretta Maree, jarelange lid van die Stellenbosch-klub.
Maree was ‘n Springbok-hokkiespeler en was ook later Burgermeester van Stellenbosch.
Rupert Bosch is ‘n man wat ‘n deeglike studie van die gholfswaai gemaak het toe hy hierdie spel begin beoefen het. In vandeesweek se rubriek val die kollig op Rupert en vertel hy onder meer hoekom hy so ‘n klein ruspose op die top-punt van sy terugswaai het.
One of the special golf days at the Stellenbosch Club is the Golf Day of Cape Town Opera. Apart from the fun on the golf course, guests and players are entertained at the function afterwards by beautiful live music. The decor for the function room is also stunning on the eye. The driving force behind this golf day is Michael Williams, CEO of the Cape Town Opera and a staunch member of the Stellenbosch Golf Club for the last 25 years.
Onderhoud met Jaco Laubscher.